Cannes-rolprentfees 2009

  Cannes-rolprentfees 2009 

Datum 13-24 Mei 2009
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Édouard Baer
Getal prente  20 (In Kompetisie)
19 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Up
Afsluitingsfliek  Coco Chanel & Igor Stravinsky
Palme d'Or  The White Ribbon

Die 62ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 2009 gehou. Die Franse aktrise Isabelle Huppert was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[1] Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[2] Altesaam 48 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Oostenrykse rolprent The White Ribbon (Das weiße Band), met Michael Haneke as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[3] Die fees is geopen met Pete Docter en Bob Peterson se Up;[4] dit was die eerste keer dat ’n animasieprent of ’n rolprent in 3D die openingsfliek is. Die fees is afgesluit met Coco Chanel & Igor Stravinsky van Jan Kounen.

Die Amerikaanse regisseur Clint Eastwood was die tweede ontvanger van ’n ere-Palme d'Or.[5]

  1. "Festival de Cannes:". festival-cannes.com. Besoek op 2 Januarie 2009.[dooie skakel]
  2. "Edouard Baer, emcee of the 62nd Cannes Film Festival". festival-cannes.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 2 Januarie 2009.
  3. "Festival de Cannes: Awards 2009 – En Competition". festival-cannes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2016. Besoek op 24 Mei 2009.
  4. "Up To Open Festival:". festival-cannes.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 24 April 2009.
  5. "A Honorary Palme at the opening ceremony of the Festival de Cannes" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2016. Besoek op 3 September 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy